Chris Brown (musikant)

Chris Brown
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Christopher Maurice Brown
Geboorte 5 Mei 1989 (1989-05-05)
Tappahannock, Virginië
Nasionaliteit Amerikaans
Kinders 1
Beroep(e) Sanger, liedjieskrywer, danser, akteur, regisseur, en entrepreneur
Aktiewe jare 2005–nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Chris Brown (gebore 5 Mei 1989) is 'n Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, danser, akteur, regisseur, en entrepreneur. Hy is in Tappahannock, Virginië gebore en is van kindsbeen af betrokke by sy kerkkoor en verskeie plaaslike talentskouspelle. In 2004 teken hy 'n platekontrak met Jive Records en in die daaropvolgende jaar reik hy sy eponimiese debuutalbum uit. Hierdie album bereik nommer-2 op die Amerikaanse Billboard 200-trefferlys en is later deur die Recording Industry Association of America (RIAA) as dubbelplatinum gesertifiseer met drie miljoen kopieë wat wêreldwyd verkoop is.[1]

As akteur is hy bekend vir sy rolle in die rolprente Stomp the Yard (2007), Takers (2010), Think Like a Man (2012), en The Do-Over (2016).

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named people

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy